2 Kronieke 5:13-14

2 Kronieke 5:13-14 AFR20

het die trompetblasers en die sangers soos een man ingeval om die HERE met een stem te loof en te dank. Net toe hulle, onder begeleiding van trompette, simbale en ander musiekinstrumente, hulle stemme verhef en die HERE begin loof met “Want Hy is goed, ja, vir ewig duur sy troue liefde,” is die tempel, die huis van die HERE, gevul met 'n wolk. Die priesters kon vanweë die wolk nie bly staan om hulle dienswerk te doen nie, want die heerlikheid van die HERE het die huis van God gevul.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 2 Kronieke 5:13-14