2 Konings 25:4-12

2 Konings 25:4-12 AFR20

is 'n bres in die stadsmuur geslaan. Al die krygsmanne is in die nag met die pad uit, deur die poort tussen die twee mure by die koning se tuin, terwyl die Galdeërs oral om die stad was. Hulle het in die rigting van die Araba gegaan. Maar die leër van die Galdeërs het die koning agternagesit en hom op die vlaktes by Jerigo ingehaal. Sy hele leër het verstrooi geraak, weg van hom af. Hulle het die koning gevange geneem en hom opgeneem na die koning van Babilonië, na Ribla. Hulle het vonnisse oor hom uitgespreek. Die seuns van Sedekia het hulle voor sy oë tereggestel. Sedekia se oë het hy verblind; hy het hom met bronsboeie geboei en na Babel geneem. In die vyfde maand, op die sewende dag van die maand – dit was die negentiende regeringsjaar van koning Nebukadnesar, die koning van Babilonië – het Nebusaradan, die •aanvoerder van die lyfwag, die dienaar van die koning van Babilonië, by Jerusalem aangekom. Hy het die huis van die HERE en die paleis van die koning afgebrand. Al die huise in Jerusalem, ja, elke groot gebou het hy afgebrand. En die stadsmure reg rondom Jerusalem is afgebreek deur die hele leër van die Galdeërs wat saam met die aanvoerder van die lyfwag was. Die res van die bevolking wat nog in die stad oorgebly het, asook die drosters wat na die koning van Babilonië oorgeloop het, die massa mense wat oor was, is deur Nebusaradan, die aanvoerder van die lyfwag, in ballingskap weggevoer. Maar van die armes in die land het die aanvoerder van die lyfwag agtergelaat as wingerdboere en landbouers.