Eksodus 32:7-8

Eksodus 32:7-8 AFR20

Die HERE het vir Moses gesê: “Gaan af, want jou volk wat jy uit Egipteland laat optrek het, het hulle wangedra. Hulle het gou weggedraai van die pad wat Ek hulle beveel het. Hulle het vir hulle 'n gegote kalf gemaak; hulle het voor die kalf in aanbidding gebuig en offers daarvoor gebring. Hulle het gesê, ‘Dit is jou gode, Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het.’ ”