Jesaja 15

15
Profesieë oor Moab
1Profesie oor Moab.
Ja, oornag is Ar-Moab verwoes, vernietig.
Ja, oornag is Kir-Moab verwoes, vernietig.
2Hulle gaan op na die tempel;
Dibon gaan na die offerhoogtes
om te huil.
Moab weeklaag oor Nebo en Medeba;
op al hulle koppe is kaal plekke,
elke baard is afgeskeer.
3In hulle strate
het hulle rouklere aan;
op hulle dakke en hulle dorpspleine
weeklaag almal,
terwyl hulle huilend neersak.
4Gesbon en Elale roep om hulp;
tot by Jahas word hulle stemme
gehoor.
Daarom skreeu die gewapende
manne van Moab;
Moab se moed begewe hom.
5My hart roep dit uit oor Moab.
Sy vlugtelinge is al by Soar,
by Eglat-Selisija.
Ja, die opdraande na Lugit –
terwyl hulle huil,
gaan hulle daarteen op;
ja, op pad na Goronajim
laat hulle noodroepe opklink
oor die verwoesting.
6Ja, die waters by Nimrim
word 'n afgryslike plek,
want die gras verdor,
die plantegroei is tot niet –
daar is geen groenigheid meer nie.
7Daarom, wat hulle gespaar het,
wat weggesit is,
dit dra hulle oor die Wilgerspruit.
8Ja, die hulpgeroep weergalm
oor die grondgebied van Moab;
hulle weeklag dring deur
tot by Eglajim,
hulle weeklag bereik Beër-Elim,
9want die waters by Dimon
is vol bloed.
Tog gaan Ek Dimon verder belas –
daar wag leeus
vir wie vrykom van Moab,
vir wie oorbly in die land.

Tans Gekies:

Jesaja 15: AFR20

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan