Levitikus 5

5
1“ ‘ Wanneer iemand sondig omdat hy gehoor het 'n openbare vervloeking is uitgespreek teen getuies wat swyg oor 'n misdaad waaroor hy kan getuig omdat hy dit gesien het of daarvan weet, maar hy verswyg dit, en daarom skuld dra; 2 of
“ ‘wanneer iemand aan enigiets wat •onrein is, raak – of dit nou die karkas van 'n onrein wilde dier, of die karkas van 'n onrein mak dier, of die dooie liggaam van 'n onrein kruipende diertjie is – en hy, al is hy onbewus daarvan, daarom onrein en skuldig is; 3 of
“ ‘wanneer hy aan menslike onreinheid raak, enigiets onreins van mense waardeur hy verontreinig kan word, terwyl hy onbewus daarvan is, maar dit agterkom en daarom skuldig is; 4 of
“ ‘wanneer iemand 'n onbesonne eed aflê om daardeur kwaad of goed te doen, enigiets waaroor 'n mens 'n onbesonne eed kan aflê, terwyl hy onbewus daarvan is, maar dit agterkom, en daarom aan een van hierdie dinge skuldig is;
5“ ‘ moet hy, wanneer hy aan enige van al hierdie dinge skuldig is, belydenis doen oor die saak waarin hy gesondig het.
6“ ‘ Hy moet dan as boetedoening vir die Here 'n ooi uit die kleinvee bring, 'n skaap of 'n bok as •reinigingsoffer vir die sonde wat hy gedoen het. Die priester sal vir hom versoening doen vir sy sonde. 7 Maar as hy nie 'n stuk kleinvee kan bekostig nie, moet hy as boetedoening vir sy sonde twee tortelduiwe of twee jong duiwe vir die Here bring, een as reinigingsoffer en een as •brandoffer. 8 Hy moet dit vir die priester neem, en die priester moet die een wat as reinigingsoffer bedoel is, eerste naderbring en sy kop aan die voorkant van die nek afknyp, maar hy mag dit nie aftrek nie. 9 Hy moet van die bloed van die reinigingsoffer teen die sykant van die altaar sprinkel en die bloed wat oorbly teen die basis van die altaar uitdruk. Dit is 'n reinigingsoffer. 10 Die tweede duif moet hy, soos voorgeskryf word, as 'n brandoffer hanteer. Die priester sal vir hom versoening doen vir die sonde wat hy gedoen het en hy sal vergewe word. 11 Maar as hy nie twee tortelduiwe of twee jong duiwe kan bekostig nie, moet hy as offer vir sy sonde 'n tiende van 'n efa gesifte meel as reinigingsoffer bring. Hy mag egter nie olyfolie daaroor gooi en wierook daarop neersit nie, omdat dit 'n reinigingsoffer is. 12 Hy moet dit na die priester bring en die priester moet 'n hand vol daarvan neem as simboliese offer en dit op die altaar verbrand, saam met ander offergawes vir die Here. Dit is 'n reinigingsoffer. 13 So sal die priester vir hom versoening doen vir enige van hierdie sondes wat hy gedoen het en sal hy vergewe word. Soos met die •graanoffer, kom die res van die offer die priester toe.’ ”
Hersteloffers
14Die Here het met Moses gepraat en gesê: 15“ Wanneer iemand reëls oortree en onopsetlik sondig teen iets wat aan die Here gewy is, moet hy 'n •hersteloffer vir die Here bring: 'n ram sonder gebrek uit die kleinvee, waarvan die loskoopwaarde, bereken in sikkel silwer volgens die standaardgewig van die heiligdom, genoeg is vir 'n hersteloffer. 16Vir die sonde wat hy teen die heiligdom gedoen het, moet hy vergoeding betaal, 'n vyfde van die waarde byvoeg en dit vir die priester gee. Met die ram van die hersteloffer sal die priester vir hom versoening doen en hy sal vergewe word.
17“ As iemand, wanneer hy sondig deur onwetend te doen wat een van die gebooie van die Here sê nié gedoen mag word nie, skuldig is, moet hy sy skuld dra. 18Hy moet uit die kleinvee 'n ram sonder gebrek met die loskoopwaarde van 'n hersteloffer vir die priester neem. Die priester sal vir hom versoening doen vir die fout wat hy onopsetlik en sonder om dit te besef, gemaak het, en hy sal vergewe word. 19Dit is 'n hersteloffer. Hy was beslis skuldig voor die Here.

Tans Gekies:

Levitikus 5: AFR20

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan