Matteus 9:35-38
Matteus 9:35-38 AFR20
Jesus het in al die stede en dorpies rondgegaan, in hulle •sinagoges geleer, die evangelie van die •koninkryk verkondig, en elke siekte en elke kwaal genees. Toe Hy die skare sien, het Hy hulle innig jammer gekry, omdat hulle verward en verstrooi was, soos skape sonder 'n herder. Toe sê Hy vir sy dissipels: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid daarom die Here van die oes dat Hy arbeiders uitstuur om sy oes in te samel.”


