Nehemia 13:1-2

Nehemia 13:1-2 AFR20

In daardie tyd is daar ten aanhore van die volk voorgelees uit die •boekrol van Moses. Daar is toe ontdek dat daarin geskryf staan dat 'n Ammoniet of 'n Moabiet tot in ewigheid nie in die byeenkoms van God mag kom nie, omdat hulle die Israeliete nie met brood en water tegemoetgegaan het nie, en Bileam teen Israel gehuur het om hulle te vervloek, maar dat ons God die vervloeking in 'n seën verander het.