Spreuke 7:1-5
Spreuke 7:1-5 AFR20
My seun, neem my woorde ter harte; en my opdragte, hou dit veilig by jou. Kom my opdragte na, dan sal jy leef; ja, koester my onderrig soos die appel van jou oog. Bind dit aan jou vingers, skryf dit op die tafel van jou hart. Sê vir wysheid: “Jy is my suster!” En noem insig bloedfamilie, sodat dit jou beskerm teen 'n vreemde vrou, teen 'n uitlander met haar vleitaal.

