Psalms 150

150
1Halleluja!
Loof God in sy heiligdom,
loof Hom in sy magtige hemelkoepel;
2loof Hom oor sy kragtige dade,
loof Hom na die omvang
van sy grootheid!
3Loof Hom met die geskal
van •ramshorings,
loof Hom met harp en lier;
4loof Hom met tamboeryn
en koordans,
loof Hom met snaarinstrument en fluit;
5loof Hom met die klank van simbale,
loof Hom met die slag van simbale!
6Alles wat asem het,
moet die Here loof!
Halleluja!

Tans Gekies:

Psalms 150: AFR20

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan