Openbaring 13:14-15

Openbaring 13:14-15 AFR20

En hy mislei die aardbewoners deur die tekens wat hy toegelaat is om in die teenwoordigheid van die dier te doen, deur hulle te beveel om 'n beeld op te rig vir die dier wat deur die swaard gewond is, maar weer lewend geword het. Aan hom is toe die vermoë gegee om asem in die beeld van die dier te blaas, sodat die beeld van die dier ook kon praat, en om almal wat nie die beeld van die dier aanbid nie, te laat doodmaak.