Romeine 16:25-27

Romeine 16:25-27 AFR20

Aan Hom wat magtig is om julle te versterk, volgens die evangelie van Jesus •Christus wat ek verkondig, en volgens die openbaring van die misterie, wat eeue lank verswyg was, maar wat nou in opdrag van die Ewige God deur die geskrifte van die profete onthul en aan alle nasies bekend gemaak is, om hulle tot geloofsgehoorsaamheid te bring – aan Hom, die enigste en alwyse God, kom toe die heerlikheid deur Jesus Christus, vir ewig! •Amen.