2 Kronieke 28:1-4

2 Kronieke 28:1-4 CAB23

Agas was twintig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het sestien jaar in Jerusalem geregeer; maar hy het nie gedoen wat reg was in die oë van die HERE soos sy vader Dawid nie. Want hy het in die weë van die konings van Israel gewandel en ook vir die Baäls gegote beelde gemaak. Verder het hy rook laat opgaan in die dal van die seun van Hinnom en sy kinders met vuur verbrand, volgens die gruwels van die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel verdryf het. Hy het ook geoffer en rook laat opgaan op die hoogtes en op die heuwels en onder elke groen boom.