Handelinge 2:2-4

Handelinge 2:2-4 CAB23

En skielik het daar 'n geluid uit die hemel gekom soos van 'n geweldige stormwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. En daar het aan hulle verskyn gesplete tonge soos van vuur, en dit het op elkeen van hulle gesit. En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.