Efesiërs 4:17-24

Efesiërs 4:17-24 CAB23

Dit sê ek dan en betuig in die Here dat julle voortaan nie wandel soos ander heidene in die nietigheid van hulle gemoed wandel nie, Met die verstand wat verduister is, vervreemd van die lewe van God deur die onkunde wat in hulle is, vanweë die blindheid van hulle hart; Hulle het hulleself oorgegee aan ongebondenheid, om alle onreinheid met hebsug te werk. Maar julle het Christus nie so geleer nie; As julle hom gehoor het en deur hom geleer is, soos die waarheid in Jesus is: dat julle met betrekking tot die vorige lewenswandel die oue mens aflê, wat verdorwe is volgens die bedrieglike begeerlikhede; En word vernuwe in die gees van julle gemoed; En dat julle met die nuwe mens moet beklee, wat na God geskape is in geregtigheid en ware heiligheid.