Genesis 1:24-31

Genesis 1:24-31 CAB23

God het gesê: Laat die aarde lewende wesens voortbring volgens hulle soorte: vee en kruipende diere en diere van die aarde volgens hulle soorte; en dit het so gebeur. God het die diere van die aarde volgens hulle soorte gemaak en vee volgens hulle soorte en al die diere wat op die aarde kruip volgens hulle soorte; en God het gesien dat dit goed was. Toe het God gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see, oor die voëls van die hemel, oor die vee en oor al die diere wat op die hele aarde kruip. God het die mens geskape na sy beeld, na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. God het hulle geseën, en vir hulle gesê: Wees vrugbaar, vermeerder, bewoon die aarde en bewerk dit. Heers oor die visse van die see, oor die voëls van die hemel en oor al die lewende wesens wat beweeg op die aarde. God het gesê: Kyk, Ek gee julle al die plante wat saad dra, wat op die hele aarde is, en al die bome wat vrugte dra en wat saad gee; vir julle moet dit voedsel wees. Maar aan al die diere van die aarde en aan al die voëls van die hemel en aan al die diere wat op die aarde kruip, waarin daar lewe is, het Ek al die groen plante as voedsel gegee. Dit het so gebeur. God het na alles gekyk wat Hy gemaak het, en gesien dit was baie goed. Dit was aand en dit was môre, die sesde dag.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Genesis 1:24-31