Johannes 17:14-19

Johannes 17:14-19 CAB23

Ek het u woord aan hulle gegee; en die wêreld het hulle gehaat, omdat hulle nie van die wêreld is nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie. Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die bose moet bewaar. Hulle is nie van die wêreld nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie. Heilig hulle deur u waarheid; u woord is waarheid. Soos U My na die wêreld gestuur het, so het Ek hulle ook na die wêreld gestuur. En ter wille van hulle heilig Ek Myself, sodat hulle ook deur die waarheid geheilig kan word.

Video vir Johannes 17:14-19