Johannes 3:1-5
Johannes 3:1-5 CAB23
Daar was 'n man van die Fariseërs met die naam van Nikodemus, 'n owerste van die Jode: Hy het in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U 'n leraar is wat van God af kom, want niemand kan hierdie wonders doen wat U doen as God nie met hom is nie. Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. Nikodemus sê vir hom: Hoe kan 'n mens gebore word as hy oud is? kan hy vir die tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word? Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die koninkryk van God ingaan nie.





