Josua Josua 16

Josua 16
Gebiede vir die wat na Josef volg
1En die lot van die kinders van Josef het geval van die Jordaan na Jérigo, tot by die water van Jérigo, aan die oostekant, na die woestyn wat van Jérigo af optrek deur die berg Bet-el,
2En hy het van Bet-el uitgegaan na Lus en deurgetrek tot by die grense van Archi na Atarot,
3En dit gaan weswaarts af na die kusgebied van Jafleti, na die kusgebied van Bet-Horon-onder en na Geser; en sy uitgange is by die see.
4So het die kinders van Josef, Manasse en Efraim, hulle erfdeel ingeneem.
5En die grens van die kinders van Efraim volgens hulle geslagte was so: die grens van hulle erfdeel aan die oostekant was Atarotaddar, tot by Bet-Horon bo;
6En die lyn loop uit na die see na Migmeta, aan die noordekant; en die lyn loop ooswaarts tot by Taänat-silo en gaan daarlangs ooswaarts tot by Janóha;
7En dit het van Janóha afgegaan na Atarot en na Naarat, en by Jérigo gekom en by die Jordaan uitgegaan.
8Die grens het uitgegaan van Tappuag af weswaarts tot by die Kanarivier; en sy uitgange was by die see. Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Efraim volgens hulle geslagte.
9En die afsonderlike stede vir die kinders van Efraim was onder die erfdeel van die kinders van Manasse, al die stede met hulle dorpe.
10En hulle het die Kanaäniete wat in Geser gewoon het, nie verdrywe nie; maar die Kanaäniete woon onder die Efraimiete tot vandag toe en dien onder belasting.

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan