Lukas 4:9-12

Lukas 4:9-12 CAB23

En hy het hom na Jerusalem gebring en hom op die toppunt van die tempel gestel en vir hom gesê: As U die Seun van God is, werp uself daarvandaan af. Want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee oor jou om jou te bewaar. En hulle moet jou in hul hande dra, sodat jy nie ooit jou voet teen 'n klip stamp nie. En Jesus antwoord en sê vir hom: Daar is gesê: Jy mag die Here jou God nie versoek nie.