Matteus 28:16-20

Matteus 28:16-20 CAB23

Toe het die elf dissipels weggegaan na Galilea, na die berg waar Jesus hulle aangestel het. En toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid, maar sommige het getwyfel. En Jesus het gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. Gaan dan heen en leer al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. Leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle ook al beveel het; en kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Matteus 28:16-20