Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie; Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. Want voorwaar Ek sê vir julle, totdat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet verbygaan totdat alles vervul is nie. Elkeen dan wat een van hierdie geringste gebooie breek en die mense so leer, hy sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele. Want Ek sê vir julle, as julle geregtigheid nie die geregtigheid van die skrifgeleerdes en Fariseërs oortref nie, julle in geen geval in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie. Julle het gehoor dat daar van die ou tyd gesê is: Jy mag nie doodslaan nie; en elkeen wat doodslaan, is in gevaar van die oordeel. Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat sonder oorsaak vir sy broer kwaad is, in gevaar is vir die oordeel; en elkeen wat vir sy broer sê: Raka, sal in gevaar wees van die Raad; maar elkeen wat sê: Jou dwaas! sal in gevaar wees van hel vuur.
Lees Matteus 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: Matteus 5:17-22
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's