Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie. Want met watter oordeel julle oordeel, sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word. En waarom sien jy die splinter wat in jou broer se oog is, maar let nie op die balk wat in jou eie oog is nie? Of hoe sal jy vir jou broer sê: Laat my die splinter uit jou oog uitruk; en kyk, daar is 'n balk in jou eie oog? Geveinsde, werp eers die balk uit jou eie oog uit; en dan sal jy duidelik sien om die splinter uit jou broer se oog uit te gooi.
Lees Matteus 7
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Matteus 7:1-5
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's