Markus 12:29-31

Markus 12:29-31 CAB23

En Jesus antwoord hom: Die eerste van al die gebooie is: Hoor, Israel! Die Here ons God is een Here: En jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag: dit is die eerste gebod. En die tweede is soos, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as hierdie nie.