Nehemia 2:17-18

Nehemia 2:17-18 CAB23

Toe sê ek vir hulle: Julle sien die benoudheid waarin ons verkeer, hoe Jerusalem woes lê en sy poorte met vuur verbrand is; kom laat ons die muur van Jerusalem opbou, sodat ons nie meer 'n smaad is nie. Toe het ek hulle vertel van die hand van my God wat goed oor my was; soos ook die woorde van die koning wat hy met my gespreek het. En hulle sê: Laat ons opstaan en bou. Daarom het hulle hul hande versterk vir hierdie goeie werk.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Nehemia 2:17-18