Spreuke 11:27-30

Spreuke 11:27-30 CAB23

Hy wat die goeie soek, verkry guns; maar hy wat onheil soek, dit sal oor hom kom. Hy wat op sy rykdom vertrou, sal val, maar die regverdiges bloei soos 'n loot. Hy wat sy huis in beroering bring, sal die wind beërwe, en die dwaas sal die wyse van hart dien. Die vrug van die regverdige is 'n boom van die lewe; en hy wat siele wen, is wys.