Psalms Psalm 149

Psalm 149
Sing tot eer van die HERE 'n nuwe lied
1Prys die HERE. Sing tot eer van die HERE 'n nuwe lied en sy lof in die vergadering van die heiliges.
2Laat Israel bly wees oor Hom wat hom gemaak het; laat die kinders van Sion jubel oor hulle Koning.
3Laat hulle sy Naam loof in die dans, laat hulle tot eer van Hom sing met tamboeryn en siter.
4Want die HERE het 'n welbehae in sy volk; Hy sal die sagmoediges met verlossing versier.
5Laat die heiliges juig in heerlikheid; laat hulle sing op hul beddens.
6Laat die lof van God in hulle mond wees en 'n tweesnydende swaard in hulle hand;
7om wraak te oefen op die heidene en straf op die volke;
8om hulle konings met kettings te bind en hulle edeles met ysterboeie;
9om aan hulle die oordeel te voltrek wat geskrywe is: hierdie eer het al sy heiliges. Prys die HERE.

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan