Openbaring 12:14-16

Openbaring 12:14-16 CAB23

En aan die vrou is twee vlerke van 'n groot arend gegee, dat sy die woestyn in kon vlieg, na haar plek, waar sy gevoed word vir 'n tyd en tye en 'n halwe tyd van die gesig van die slang af. En die slang het water soos 'n vloed uit sy bek agter die vrou aan gegooi, om haar deur die vloed te laat wegvoer. En die aarde het die vrou gehelp, en die aarde het haar mond oopgemaak en die vloed wat die draak uit sy bek gegooi het, verslind.