Openbaring 12:5-6

Openbaring 12:5-6 CAB23

En sy het 'n manlike kind gebaar wat al die nasies met 'n ysterstaf sou regeer; en haar kind is weggeruk na God en na sy troon. En die vrou het na die woestyn gevlug waar sy 'n plek het wat deur God gereed gemaak is, dat hulle haar daar sou onderhou duisend twee honderd en sestig dae lank.