Romeine 12:17-21

Romeine 12:17-21 CAB23

Vergeld niemand kwaad vir kwaad nie. Verskaf dinge wat eerlik is in die oë van alle mense. As dit moontlik is, so veel as wat in julle lê, leef in vrede met alle mense. Geliefdes, moenie julleself wreek nie, maar gee plek vir die toorn, want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe; Ek sal vergeld, spreek die Here. Daarom, as jou vyand honger het, voed hom; as hy dors het, gee hom drink, want so moet jy kole vuur op sy hoof hoop. Moenie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Romeine 12:17-21