Romeine 7:21-25
Romeine 7:21-25 CAB23
Ek vind dan 'n wet dat, wanneer ek goed wil doen, die kwaad by my is. Want ek verlustig my in die wet van God na die innerlike mens. Maar ek sien 'n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van sonde wat in my lede is. O ellendige mens wat ek is! wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood? Ek dank God deur Jesus Christus, onse Here. So dien ek dan self die wet van God met die verstand; maar met die vlees die wet van sonde.




