DEUTERONÓMIUM 11:26-28

DEUTERONÓMIUM 11:26-28 AFR53

Kyk, ek hou julle vandag seën en vloek voor — die seën as julle luister na die gebooie van die HERE julle God wat ek julle vandag beveel; en die vloek as julle nie luister na die gebooie van die HERE julle God nie, maar afwyk van die weg wat ek julle vandag beveel, om agter ander gode aan te loop wat julle nie geken het nie.