GESEËND is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus, soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees, deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil, tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde. In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade, wat Hy oorvloedig aan ons bewys het in alle wysheid en verstand
Lees EFÉSIËRS 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: EFÉSIËRS 1:3-8
5 dae
Met Kersfeestyd is dit maklik om in materialisme weggevoer te word soos buitensporige geskenke en uitspattige etes. In hierdie 5-dagleesplan herinner Trevor Hudson lesers om hul lewens aan God te wy en op Hom te fokus. Elke dag bevat Bybelverse, ’n gedagte vir die dag en ’n “oefening vir die dag”. Die inhoud van hierdie leesplan is gebaseer op Trevor Hudson se “’n Dieper verhouding met God”.
Vreugde vir vandag se oordenkings nooi jou om jou kommer en sorge elke dag aan die Vader se voete neer te sit. Vind jou hoop en vreugde in Jesus Christus. In sy krag kan jy enige uitdaging oorkom – solank jy vashou aan Hom en sy beloftes. Laat God jou anker wees en vind jou vreugde in Hom. Hy wil vir jou goed wees en sy seën oor jou uitstort.
God weet hoe jy voel! Hy gee regtig om vir jou! Hierdie vyf kort dagstukke is geskryf asof God direk met jóú praat. Jou verhouding met God sal elke dag verdiep wanneer jy sien hoe lief Hy vir jou is en besef dat Hy altyd by jou is.
6 dae
Daar is soveel skrifte wat ons leer dat ons in die Woord moet bly en dat die Woord die kern van ons geestelike groei en ons groei in verhouding met Jesus is. Ek glo die dagstukkies oor God se beloftes kan jou ook help om te hoor hoe God met jou praat en jou ontmoet waar jy is.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's