EXODUS 26
26
Die tabernakel en die tent.
1EN die tabernakel moet jy van tien tentdoeke maak, van fyn dubbeldraad- linne en pers en purperrooi en bloedrooi stowwe, met gérubs; as kunstige werk moet jy dit maak.
2Die lengte van elke tentdoek moet agt-en-twintig el wees en die breedte van elke tentdoek vier el. Al die tentdoeke moet een maat hê.
3Vyf van die tentdoeke moet aanmekaargewerk wees, die een aan die ander. En weer vyf tentdoeke aanmekaar, die een aan die ander.
4En jy moet lissies van pers stof maak aan die soom van die buitenste tentdoek van die een stel. En so moet jy dit maak aan die soom van die laaste tentdoek van die tweede stel.
5Vyftig lissies moet jy aan die een tentdoek maak, en vyftig lissies moet jy maak aan die rand van die tentdoek wat aan die tweede stel behoort. Die lissies moet die een teenoor die ander wees.
6Jy moet ook vyftig goue hakies maak en die tentdoeke saamvoeg met die hakies, die een aan die ander, sodat die tabernakel een geheel is.
7Ook moet jy doeke van bokhaar maak as 'n tentseil oor die tabernakel: elf tentdoeke moet jy dit maak.
8Die lengte van elke tentdoek moet dertig el wees en die breedte van elke tentdoek vier el: die elf tentdoeke moet een maat hê.
9En jy moet vyf van die tentdoeke besonders aanmekaarwerk en ses van die tentdoeke besonders. En die sesde tentdoek moet jy dubbel vou, aan die voorkant van die tent.
10En jy moet vyftig lissies maak aan die soom van die laaste tentdoek van die een stel, en vyftig lissies aan die soom van die laaste tentdoek van die tweede stel.
11Jy moet ook vyftig koperhakies maak en die hakies in die lissies steek; en jy moet die tent saamvoeg, sodat dit een geheel is.
12En wat betref die oorhangende gedeelte aan die tentdoeke — die helfte van die tentdoek wat oorskiet, moet oorhang aan die agterkant van die tabernakel.
13En die el wat aan weerskante oorskiet in die lengte van die tentdoeke, moet oorhang aan die sykante van die tabernakel, aan weerskante, om dit te oordek.
14Jy moet ook vir die tent 'n dekkleed van rooigeverfde ramsvelle maak en 'n dekkleed van robbevelle daar bo-oor.
Die style van die tabernakel.
15JY moet ook vir die tabernakel die regopstaande style van akasiahout maak.
16Die lengte van die styl moet tien el wees, en anderhalf el die breedte van elke styl.
17Elke styl moet twee tappe hê wat met mekaar verbind is. So moet jy dit maak vir al die style van die tabernakel.
18En die style vir die tabernakel moet jy maak: twintig style aan die suidekant, na die suide toe.
19Jy moet ook veertig silwervoetstukke onder die twintig style maak: twee voetstukke onder die een styl vir sy twee tappe en twee voetstukke onder die ander styl vir sy twee tappe.
20En vir die ander sykant van die tabernakel, aan die noordekant, twintig style
21met hulle veertig silwervoetstukke: twee voetstukke onder die een styl en twee voetstukke onder die ander styl.
22En vir die agterkant van die tabernakel, teen die weste, moet jy ses style maak.
23Ook moet jy twee style maak vir die hoeke van die tabernakel, aan die agterkant.
24En hulle moet van onder dubbel wees, en net so moet hulle bo dubbel wees tot by die eerste ring. So moet dit met altwee wees; hulle moet die twee hoeke vorm.
25So moet daar dan agt style wees met hulle silwervoetstukke, sestien voetstukke: twee voetstukke onder die een styl en twee voetstukke onder die ander styl.
26Jy moet ook dwarshoute van akasiahout maak: vyf vir die style van die een sykant van die tabernakel
27en vyf dwarshoute vir die style van die ander sykant van die tabernakel; ook vyf dwarshoute vir die style van die agterkant van die tabernakel teen die weste.
28En die middelste dwarshout moet in die middel van die style oordwars loop, van die een ent na die ander.
29En jy moet die style met goud oortrek; en hulle ringe, as plekke vir die dwarshoute, moet jy van goud maak. Die dwarshoute moet jy ook met goud oortrek.
30So moet jy dan die tabernakel oprig volgens die plan wat jou op die berg getoon is.
Die voorhangsel en die deur.
31VERDER moet jy 'n voorhangsel maak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne. As kunstige werk moet jy dit maak, met gérubs.
32En jy moet dit ophang aan vier pilare van akasiahout wat met goud oorgetrek is en ook kramme van goud het en op vier silwervoetstukke staan.
33En jy moet die voorhangsel onder die hakies ophang; en bring die ark van die Getuienis daar, binnekant die voorhangsel. En die voorhangsel moet vir julle 'n skeiding maak tussen die Heilige en die Allerheiligste.
34En jy moet die versoendeksel op die ark van die Getuienis neerlê in die Allerheiligste.
35En sit die tafel buitekant die voorhangsel, en die kandelaar teenoor die tafel aan die suidekant van die tabernakel. Maar die tafel moet jy aan die noordekant sit.
36Jy moet ook vir die ingang van die tent 'n bedekking maak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk.
37En maak vir die bedekking vyf pilare van akasiahout, en trek hulle oor met goud; hulle kramme moet ook van goud wees; en jy moet daarvoor vyf kopervoetstukke giet.
Tans Gekies:
EXODUS 26: AFR53
Kleurmerk
Deel
Kopieer
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

: