JESAJA 3
3
1WANT kyk, die Here Here van die leërskare sal uit Jerusalem en uit Juda wegneem die stut en die steun, elke stut van brood en elke stut van water,
2die held en die krygsman, die regter en die profeet en die waarsêer en die oudste;
3die owerste oor vyftig en die aansienlike en die raadsman en die knap ambagsman en die ervare besweerder.
4En Ek sal seuns hulle vorste maak, en moedswilliges sal oor hulle heers.
5En die mense sal mekaar verdruk, man teen man, en die een teen die ander; die seun sal die grysaard, die veragtelike sal die agbare stormloop.
6As 'n man sy broer aangryp in die huis van sy vader en sê: Jy het 'n kleed, jy moet owerste oor ons wees, en laat hierdie ingestorte puinhoop onder jou toesig wees —
7dan sal hy in dié dag uitroep en sê: Ek kan geen geneesheer wees nie, en in my huis is geen brood en geen kleed nie; maak my nie 'n owerste van die volke nie.
8Want Jerusalem het gestruikel, en Juda het geval; want hulle tong en hulle dade is teen die Here om sy oë, vol heerlikheid, te trotseer.
9Die uitdrukking van hulle gesig getuig teen hulle, en hul sonde maak hulle bekend, soos Sodom, sonder om iets weg te steek. Wee oor hulle siel, want hulle doen hulself kwaad aan!
10Sê van die regverdige dat dit met hom goed sal gaan; want die vrug van hul handelinge sal hulle eet.
11Wee die goddelose! Met hom gaan dit sleg; want wat sy hande gewerk het, sal hom aangedoen word.
12Die drywers van my volk is kinders, en vroue heers oor hulle. o My volk, jou leiers is verleiers, en die weg wat jou pad moes wees, het hulle tot 'n dwaalweg gemaak.
13Die Here staan daar om 'n regstryd te voer: Hy tree op om die volke te vonnis.
14Die Here gaan na die gereg met die oudstes en die vorste van sy volk. Ja, júlle het die wingerd afgewei; wat aan die arm man ontroof is, is in julle huise.
15Wat is dit met julle dat julle my volk vertrap en die ellendiges mishandel? spreek die Here Here van die leërskare.
16Verder het die Here gesê: Omdat die dogters van Sion trots is en loop met uitgerekte nek en met die oë lok, wegstap met trippelgang en hulle voetringe laat rinkel,
17daarom sal die Here die skedel van die dogters van Sion skurf maak, en die Here sal hulle skaamte ontbloot.
18 In dié dag sal die Here wegneem die sieraad van die voetringe en die sonnetjies en die maantjies;
19die oorversiersels en die armbande en die sluiers;
20die hoofversiersels en die voetkettinkies en die pronkgordels en die reukflessies en die towermiddels;
21die vingerringe en die neusringe;
22die feesklere en die manteltjies en die tjalies en die handsakkies;
23die handspieëltjies en die hemde en die tulbande en die wye mantels.
24Dan sal daar in plaas van balsemgeur mufheid wees, en in plaas van 'n gordel 'n tou, en in plaas van gevlegte hare kaalheid, en in plaas van 'n pronkgewaad 'n roukleed, brandmerk in plaas van skoonheid.
25Jou manne, o Sion, sal deur die swaard val en jou helde in die oorlog.
26En sy poorte sal klaag en treur, en hy sal uitgeskud op die aarde sit.
Tans Gekies:
JESAJA 3: AFR53
Kleurmerk
Deel
Kopieer
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

: