JOB 25

25
Hoe sal die mens, wat 'n wurm is, rein kan wees voor die almagtige Regeerder van die heelal?
1TOE het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê:
2Heerskappy en verskrikking is by Hom wat vrede maak in sy hoogtes.
3Is daar 'n getal vir sy leërskare? En oor wie rys sy lig nie op nie?
4 Hoe sou dan 'n mens regverdig wees by God? En hoe sou hy rein wees wat uit 'n vrou gebore is?
5Kyk, selfs die maan — hy skyn nie helder nie; en die sterre is nie rein in sy oë nie.
6Hoeveel minder die mens, 'n maaier; en die mensekind, 'n wurm.

Tans Gekies:

JOB 25: AFR53

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan