MATTHÉÜS 14:34-36

MATTHÉÜS 14:34-36 AFR53

En hulle het oorgevaar en in die land Gennésaret gekom. En die manne van daardie plek het Hom herken en in daardie hele omtrek uitgestuur en almal wat ongesteld was, na Hom gebring; en hulle het Hom gesmeek dat hulle net maar die soom van sy kleed mag aanraak; en almal wat dit aangeraak het, het gesond geword.