PSALMS 12

12
Leuens heers onder die mense; God is waarheid.
1VIR die musiekleier; met basstem. 'n Psalm van Dawid.
2Red, o Here, want daar is geen vrome meer nie; want die getroues het verdwyn onder die mensekinders.
3Hulle praat leuens, die een met die ander; met vleiende lippe spreek hulle dubbelhartig.
4Mag die Here al die vleiende lippe uitroei, die tong wat grootpraat,
5hulle wat sê: Met ons tong is ons sterk; ons lippe is met ons! Wie is heer oor ons?
6Oor die verdrukking van die ellendiges, oor die gesug van die behoeftiges sal Ek nou opstaan, sê die Here; Ek sal hom in veiligheid stel wat daarna smag.
7 Die woorde van die Here is rein woorde, silwer wat gelouter is in 'n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal.
8U, o Here, sal hulle bewaar; U sal ons bewaar van hierdie geslag vir ewig.
9Die goddelose draf rond as laagheid die oorhand kry by die mensekinders.

Tans Gekies:

PSALMS 12: AFR53

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan