PSALMS 135
135
Lof aan die Here, die alleen-ware God.
1HALLELUJA! Prys die Naam van die Here! Prys, o knegte van die Here,
2wat staan in die huis van die Here, in die voorhowe van die huis van onse God!
3Loof die Here, want die Here is goed; psalmsing tot eer van sy Naam, want dié is lieflik!
4Want die Here het Jakob vir Hom uitverkies, Israel as sy eiendom.
5Waarlik, ék weet dat die Here groot en onse Here bo alle gode is.
6Alles wat die Here behaag, doen Hy, in die hemel en op die aarde, in die seë en al die dieptes.
7Hy wat die dampe laat opgaan van die einde van die aarde af, bliksemstrale by die reën maak, die wind uit sy skatkamers laat uitgaan;
8wat die eersgeborenes van Egipte getref het, van mense sowel as van vee;
9wat tekens en wonders gestuur het binne-in jou, o Egipte, teen Farao en teen al sy knegte;
10 wat baie nasies verslaan het en magtige konings gedood het:
11 Sihon, die koning van die Amoriete, en Og, die koning van Basan, en al die koninkryke van Kanaän,
12en hulle land as erfdeel gegee het, as erfdeel aan Israel, sy volk.
13 o Here, u Naam is tot in ewigheid, u gedenknaam, Here, van geslag tot geslag!
14Want die Here sal aan sy volk reg doen en medelyde hê met sy knegte.
15 Die afgode van die heidene is silwer en goud, 'n werk van mensehande.
16Hulle het 'n mond, maar praat nie; hulle het oë, maar sien nie;
17ore het hulle, maar hoor nie; ook is daar geen asem in hulle mond nie.
18Die wat hulle maak, sal net soos hulle word — elkeen wat op hulle vertrou.
19 Huis van Israel, loof die Here! Huis van Aäron, loof die Here!
20Huis van Levi, loof die Here! Julle wat die Here vrees, loof die Here!
21Geloofd sy die Here uit Sion, Hy wat in Jerusalem woon! Halleluja!
Tans Gekies:
PSALMS 135: AFR53
Kleurmerk
Deel
Kopieer
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

: