PSALMS 70

70
Dawid bid God om hom gou te verlos.
1VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid, by die gedenkoffer.
2 o God, maak tog gou om my te red, o Here, om my te help!
3Laat hulle wat my lewe soek, beskaamd staan en rooi van skaamte word; laat hulle wat behae het in my ongeluk, agteruitwyk en in die skande kom.
4Laat hulle wat sê: Ha, ha! teruggaan vanweë hul beskaming.
5Laat in U vrolik en bly wees almal wat U soek; en laat die liefhebbers van u heil altyddeur sê: Groot is God!
6Maar ek is ellendig en behoeftig: o God, kom tog gou na my! U is my hulp en my redder; Here, vertoef tog nie!

Tans Gekies:

PSALMS 70: AFR53

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan