PSALMS 92

92
'n Lied vir die sabbatdag.
1 'n PSALM. 'n Lied vir die sabbatdag.
2 Dit is goed om die Here te loof en tot eer van u Naam te psalmsing, o Allerhoogste,
3om in die môre u goedertierenheid te verkondig en u getrouheid in die nagte;
4 by die tiensnarige instrument en by die harp, by snarespel op die siter.
5Want U het my bly gemaak, Here, deur u dade; ek jubel oor die werke van u hande.
6 Hoe groot is u werke, o Here; baie diep is u gedagtes!
7'n Dom mens weet nie, en 'n dwaas verstaan dit nie:
8as die goddelose mense groei soos die plante en al die werkers van ongeregtigheid bloei, is dit om hulle vir ewig te verdelg.
9Maar U is hoog verhewe tot in ewigheid, Here!
10Want kyk, u vyande, o Here, want kyk, u vyande sal vergaan; al die werkers van ongeregtigheid sal verstrooi word.
11Maar U verhoog my horing soos van 'n buffel; ek is met vars olie gesalf.
12 En my oog sien met welgevalle neer op die wat my voorlê, my ore hoor van die wat teen my as kwaaddoeners opstaan.
13 Die regverdige sal groei soos 'n palmboom; hy sal opgroei soos 'n seder op die Líbanon.
14 Geplant in die huis van die Here, sal hulle groei in die voorhowe van onse God.
15In die gryse ouderdom sal hulle nog vrugte dra, hulle sal vet en groen wees,
16om te verkondig dat die Here reg is, my rots, en in Hom is geen onreg nie.

Tans Gekies:

PSALMS 92: AFR53

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan