1 Kronieke 17
17
Natan se profesie
1Toe Dawid lekker in sy paleis gevestig was, het hy vir die profeet Natan gesê: “Hier woon ek in ’n pragtige sederhoutpaleis, maar die verbondsark van die Here staan in ’n tent.”
2Natan het geantwoord: “Doen gerus wat u wil, want God is by u.”
3Dieselfde nag het die Here egter vir Natan gesê: 4“Gaan sê vir Dawid: Hier is die Here se boodskap vir jou: Jy moenie vir My ’n tempel bou om in te bly nie. 5Ek het nog nooit sedert Ek Israel uit Egipte gelei het tot nou toe, in ’n tempel gebly nie. Ek het al die tyd, van plek tot plek, in ’n tentheiligdom gebly. 6Het Ek ooit vir enigeen van die leiers wat Ek oor Israel aangestel het, gevra: Waarom bou jy nie vir My ’n sederhouttempel nie?
7“Gaan sê vir my kneg Dawid: Hier is die Here, die Groot Bevelvoerder, se boodskap vir jou: Ek het jou self gaan haal waar jy ’n herder met jou skape in die veld was en jou leier gemaak van Israel, my volk. 8Ek was altyd by jou, waar jy ook al was en Ek het jou vyande vir jou verslaan. Ek sal jou so beroemd maak soos die beroemdste mense op aarde 9en Ek sal vir Israel ’n land gee waar hulle rustig kan woon. Hulle vyande sal hulle nie meer teister soos vroeër 10toe Ek rigters aangestel het om hulle te lei nie. Ek sal ook al jou vyande onderdruk.
“Ek maak ook nou bekend dat die Here vir jou ’n huis, ’n koningsdinastie, sal opbou. 11Wanneer jy die dag sterf, sal Ek jou opvolger aanwys. Hy sal een van jou seuns wees en Ek sal sy koningskap sterk maak. 12Dit sal hy wees wat vir My ’n huis sal bou en Ek sal sorg dat sy koningskap vir altyd veilig is. 13Ek sal sy Pa wees en hy sal my seun wees. Ek sal nie my ondersteuning aan hom onttrek, soos Ek met jou voorganger gedoen het nie. 14Ek sal hom vir altyd laat regeer en mense uit sy nageslag sal altyd koning wees.”
15Natan het toe na Dawid toe teruggegaan en alles wat die Here vir hom gesê het, aan Dawid oorvertel.
Dawid se gebed
16Dawid het in die teenwoordigheid van die Here gaan sit en gesê: “Wie is ek en my familie, o Here God, dat U my so ver gebring het? 17O God, nou praat U ook nog van ’n koningshuis wat nooit sal eindig nie wat U vir my sal gee! U praat asof ek iemand groots is, o Here God. 18Wat kan ek nou vir U sê nadat U my, wat u dienaar is, so hoog vereer het? U ken my baie goed. 19Here, omdat U my liefhet en omdat U dit so wil hê, het U al hierdie groot dinge gedoen en dit bekendgemaak.
20“O Here, daar is niemand soos U nie. Alles wat ons gehoor het, bevestig dit: daar is geen God behalwe U nie! 21Watter ander volk op aarde is soos u volk, Israel? Waar het ’n god al ooit soveel vir ’n volk gedoen deur hulle uit slawerny te bevry en hulle sy eiendom te maak? U het groot en skrikwekkende dinge vir ons gedoen en so deur die hele wêreld bekend geword. U het hulle uit Egipte laat trek en ander volke voor hulle uit verdryf. 22U het Israel gekies om vir altyd u volk te wees en U, o Here, het hulle God geword.
23“Laat alles wat U aan my en my nageslag belowe het, nou waar word. Mag dit ’n belofte wees wat vir altyd sal hou. 24As dit waar word, sal die hele wêreld U vir altyd vereer en sê: ‘Israel se God is die Here, die Groot Bevelvoerder.’ Mag die koningshuis van Dawid, u kneg, bly bestaan.
25“My God, ek het die vrymoedigheid om so te bid, omdat U aan my geopenbaar het dat U vir my ’n huis gaan bou, ’n koningshuis wat vir altyd sal aanhou! 26Want U is God, o Here, en U het hierdie goeie dinge vir my, wat u dienaar is, belowe. 27U het besluit om my koningshuis te seën, sodat daar altyd een van my nakomelinge op die troon sal wees. Aangesien U dit geseën het, is dit ’n seën vir altyd.”
Tans Gekies:
1 Kronieke 17: DB
Kleurmerk
Deel
Kopieer
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.

: