Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

1 Timoteus 2:9-10

1 Timoteus 2:9-10 DB

Vroue moet ook ordentlik aantrek sodat hulle nie die verkeerde boodskap vir ander mans gee en so hulle eie man in die verleentheid bring nie. Hulle moet so aantrek dat God en hulle man tevrede sal wees. Vroue wat geen geheim daarvan maak dat hulle die Here dien nie, moet hulle lewe eerder versier met al die goeie dinge wat hulle vir ander mense doen. Dit maak hulle baie mooier as wat duur klere of mooi juwele dit ooit kan doen.