2 Kronieke 7
7
Die inwyding van die tempel
1Net toe Salomo klaar gebid het, het daar vuur uit die hemel afgekom wat die verskillende offers verteer het. Daarna het die Here se heerlikheid die hele tempel gevul. 2Die priesters kon glad nie in die tempel ingaan nie omdat die heerlikheid van die Here dit te vol gemaak het.
3Toe al die Israeliete sien hoe die vuur afgekom en die Here se heerlikheid die tempel gevul het, het hulle met die gesig na die grond toe neergebuig en die Here vereer en geprys. Hulle het gesê: “Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie.”
4Daarna het die koning en al die Israeliete begin om diere te slag as ’n offer vir die Here. 5Koning Salomo het 22 000 beeste en 120 000 skape geslag. Só het die koning en die volk die tempel van God ingewy. 6Die priesters het op hulle plekke gaan staan. Die Leviete ook, en hulle het gesing: “Aan sy liefde is daar geen einde nie.” Hulle sang is begelei met die musiek van die instrumente wat Dawid laat maak het om die Here te prys. Toe het die priesters op die trompette geblaas, terwyl al die Israeliete opgestaan het.
7Salomo het daarna die middelste deel van die voorhof, wat reg voor die tempel geleë was, aan die Here gewy. Dit is waar hulle toe die brandoffers en die vetgedeeltes van die maaltydoffers verbrand het. Dit was nodig omdat al die offers wat hulle wou verbrand, nie op die bronsaltaar kon pas wat Salomo laat bou het nie.
8Salomo en al die Israeliete het toe vir die volgende sewe dae lank feesgevier. Dit was ’n reusesaamtrek. Mense het daarheen gestroom van Lebo-Hamat af tot by die Egiptespruit, vanuit die hele land. 9Vir sewe dae na die inwyding van die altaar het hulle fees gehou. Op die agtste dag het hulle dit afgesluit en daarna vir nog sewe dae die huttefees gevier. 10Na al die feeste, op die 23ste dag van die sewende maand, het Salomo almal huis toe laat gaan. Almal was bly en gelukkig omdat die Here so goed vir Dawid, Salomo en sy volk Israel was.
Die Here se antwoord aan Salomo
11Salomo het die tempel en sy eie paleis klaar gebou. Hy het ook alles voltooi wat hy graag aan die tempel wou doen. 12Toe het die Here een nag aan hom verskyn en gesê: “Ek het jou gebed gehoor en hierdie tempel gekies as die plek waar julle vir My moet offer. 13Daar kan tye kom dat Ek ’n droogte stuur, of sprinkane om die oeste op te vreet, of siekte-epidemies onder die mense. 14As dit gebeur en my volk verneder hulleself en hulle soek na my wil, en as hulle ophou met hulle verkeerde optrede, sal Ek hulle vergewe. Dan sal Ek hulle land gesond maak. 15Ek sal luister na elke gebed wat hiervandaan gebid word, 16want Ek het nou hierdie tempel gekies. Dit sal altyd my huis wees. Ek sal altyd self hier wees.
17“Nou wat jou betref: as jy optree soos jou pa, Dawid, gedoen het, en as jy my wette en voorskrifte en reëls gehoorsaam, 18sal Ek sorg dat niemand jou posisie as koning aantas nie. Ek herhaal die belofte wat Ek aan jou pa, Dawid, gemaak het nou ook aan jou: daar sal altyd iemand uit die nageslag van Dawid wees om op die troon van Israel te sit.
19“Maar as jy My verlaat en my wette en voorskrifte vergeet en ander gode begin dien, 20sal Ek my volk uitroei uit hierdie land wat Ek vir hulle gegee het. Ek sal die tempel wat Ek vir Myself as woonplek gekies het, verwerp. Dit sal iets word waaroor die volke sal spot. 21Die tempel wat nou so pragtig is, sal dan ’n ruïne wees en almal wat daar verbyloop, sal vra: ‘Wat het hier gebeur? Waarom het die Here dit aan sy land en sy tempel gedoen?’ 22Dan sal die antwoord wees: ‘Hulle het mos die Here, die God van hulle voorouers, verlaat. Dit is Hy wat hulle uit Egipte laat kom het, maar hulle het ander gode vereer. Dít is waarom Hy al die rampe oor hulle gebring het.’”
Tans Gekies:
2 Kronieke 7: DB
Kleurmerk
Deel
Kopieer
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.

: