Handelinge 14:15

Handelinge 14:15 DB

“Wat vang julle aan?” het hulle bo die geraas uitgeroep. “Ons is doodgewone mense, net soos julle. “Ons het vir julle die goeie nuus oor Christus kom vertel sodat julle kan ophou om hierdie dooie gode van julle te dien. Laat staan al hierdie dinge waarmee julle besig is. Kom na die lewende God toe. Dit is Hy wat die hemel en die aarde en die see en alles daarin gemaak het.