Kort daarna het Paulus uit Atene vertrek. Die volgende plek op sy reisplan was die stad Korinte. Daar het hy ’n Jood met die naam Akwila teëgekom. Akwila is in Pontus gebore. Hy en sy vrou Priscilla het kort tevore uit Italië padgegee. Dit was net nadat keiser Claudius beveel het dat alle Jode uit Rome weggejaag moes word. Paulus het by hulle in Korinte gaan bly.Al drie van hulle was tentmakers van beroep. Paulus het elke sabbat na die sinagoge gegaan. Daar het hy met die Jode, en ook met ’n klompie Grieke wat die Joodse geloof aanvaar het, oor Jesus gaan praat. Party van hulle het toe tot bekering gekom.
Lees Handelinge 18
Deel
Vergelyk alle weergawes: Handelinge 18:1-4
10 Dae
As gelowiges is dit so belangrik om saam te reis deur Bybelboeke. Hierdie reeks is bedoel vir elkeen wat wil reis deur die Boek Handelinge met 'n spesifieke fokus op sekere tekste en wat dit vir ons sê van die kerk. Sluit aan by ons.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's