Ester 9:20-22

Ester 9:20-22 DB

Mordegai het al hierdie dinge laat neerskryf en vir al die Jode oral in die provinsies van koning Ahasveros se ryk briewe gestuur. Daarin het hy hulle aangemoedig om jaarliks hierdie twee dae as feesdae te vier. Dit sou hulle daaraan herinner dat hulle op hierdie dae hulle vyande oorwin het. En dat hulle hartseer in vreugde en hulle rou in blydskap verander is. Daarom moes dit ’n vrolike fees wees waarop hulle vir mekaar lekkernye en vir die armes geskenke gee.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Ester 9:20-22