Esegiël 14
14
Oordeel oor Israel se
leiers wat afgode aanbid
1’n Klomp van die leiers van my volk het toe by my kom kuier. Terwyl hulle by my sit, 2het die Here vir my gesê wat ek vir hulle moet sê: 3“Mens, hierdie mans het afgode wat hulle in hulle harte dien. Hulle hou aan verkeerde dinge vas wat hulle mislei om slegte dade te doen. En nou het hulle gekom om te hoor wat Ek vir hulle wil sê. Dink jy Ek wil nog met hulle praat? 4Sê vir hulle die Here, die God van Esegiël, sê soos volg oor hulle: Ek is die Here. Ek sal hierdie volk straf omdat hulle afgode in hulle harte aanbid en allerlei slegte dade doen, en dan nog ewe vroom kom vra wat die Here vir hulle te sê het. 5Hierdie is ’n klomp mense wat afgode dien. Ek slaan hulle met al my mag.
6“Daarom, gaan sê vir Israel die Here sê: Draai om! Draai weg van julle afgode af. Hou op om voor julle afgode te buig en hulle te aanbid, en aanbid My. En hou op met julle slegte dade. 7Ek is die Here, en Ek sal almal straf wat voor afgode buig en slegte dade doen. Of dit ’n vreemdeling of ’n Israeliet is wat My verwerp en voor afgode gaan buig, Ek sal hulle straf as hulle dan die vermetelheid het om te kom vra wat Ek vir hulle te sê het. 8Ek sal self teen sulke mense draai en ’n vreeslike voorbeeld van hulle maak. Ek sal hulle vernietig en hulle weggooi sodat hulle nie meer deel van my volk is nie. Dan sal julle weet en erken dat Ek die Here is.
9En as iemand vir hierdie mense sê hy praat namens My, en hy lieg, sal dit wees omdat Ek hulle wil straf. Ek sal al sulke mense uitroei en vernietig, en hulle sal nie deel van my volk wees nie. 10Die man wat sê hy praat namens My en die mense wat gaan vra het wat die Here oor hulle te sê het, sal almal saam gestraf word oor hulle slegte dade. 11Só sal my volk leer om nie van My af weg te loop agter ander gode aan nie. Hulle het hulleself vuil gesmeer met al hulle slegte dade. As dit ophou gebeur, sal jou mense my mense wees, en Ek sal hulle God wees,” sê die Here, Esegiël se God.
Die Here gaan vir seker sy
volk straf, niks kan Hom keer nie
12Die Here het weer met my gepraat: 13“Mens, sê nou die mense in ’n land hou aan om slegte dade te doen en steur hulle nie aan My en aan wat Ek hulle beveel het om te doen nie. Dan sal Ek so ’n klomp mense straf. Ek sal hulle slaan deur hulle kos weg te vat en hulle te laat honger ly. Ek sal mens en dier uit so ’n land uitroei, sonder om enige genade te betoon. 14Selfs as die vroomste mense op aarde, Noag en Daniël en Job, daar was, sou Ek net vir hulle gered het van die dood. Al die ander sou nog steeds vir hulle slegte dade gesterf het,” sê die Here, die God van Esegiël.
15“Of sê nou maar Ek stuur gevaarlike wilde diere om daardie land binne te val en die land te verwoes en die mense uit te roei. 16Selfs as hierdie drie vroom mans in daardie land gebly het, verseker Ek jou dat dit die mense van daardie land niks sou help nie. Die mense sou nog steeds doodgemaak word. Die drie mans sou gered word omdat hulle reg voor die Here leef, maar die land en sy mense sou nog steeds uitgeroei word.
17“Of sê nou Ek het ’n groot weermag teen daardie land laat optrek, en Ek het vir die vreemde leër opdrag gegee om die land te verwoes en die inwoners van die land uit te roei. 18Selfs as daardie drie mans in daardie land gebly het,” sê die Here, die God van Esegiël, “sou hulle nie die mense gered het nie. Net hulle alleen sou gespaar word.
19“Of sê nou Ek stuur dodelike siektes teen daardie land omdat Ek woedend is oor die slegte dade wat hulle doen, en baie mense en diere gaan dood deur die siektes wat oral in die land uitbreek. 20Selfs as Noag, Daniël en Job in daardie land tussen die mense gebly het, verseker Ek jou sou hulle nie die mense gered het nie. Net daardie drie mans sal gered word omdat hulle die regte dade gedoen het.”
21Vandag sê die Here, die God van Esegiël vir hierdie volk: “Ek stuur al vier hierdie rampe teen Jerusalem en teen my volk. Hulle sal sien hoe Ek hulle oor hulle slegte dade straf met oorloë en hongersnood, en met gevaarlike wilde diere en dodelike siektes. Ek vernietig hierdie land se mense en diere sonder om een oor te slaan. 22Daar sal net ’n handjie vol mense wees wat die rampe gaan oorleef. En hulle sal weggevoer word om saam met julle hier as gevangenes in Babilonië, ’n ver en vreemde land, te kom woon. Dan sal julle met julle eie oë sien watter slegte dade daardie mense gedoen het. En dan sal julle verstaan hoekom Ek Jerusalem tot op die grond laat afbreek en sy inwoners dood laat maak het. 23Julle sal die paar mense ontmoet wat die rampe in Jerusalem oorleef. En julle sal sien watter slegte dade hulle doen. En dan sal julle saamstem dat Ek Israel nie sonder rede swaar gestraf het nie. Sy het verdien dat Ek haar so straf.” So sê die Here, Esegiël se God.
Tans Gekies:
Esegiël 14: DB
Kleurmerk
Deel
Kopieer
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.

: