Jesaja 61
61
Die boodskap van bevryding
1Die Gees van my Heer, die Here, het in my lewe gekom. Die Here het my die krag gegee om goeie nuus te bring vir dié wat moedeloos is. Ek tel dié op wat neerslagtig is. Vir hulle wat in die tronk sit, sê ek dat hulle vrygelaat gaan word. Vir hulle wat toegesluit is, kondig ek aan dat hulle sal uitkom. 2Hy stuur my om hulle wat sit en huil te troos. Hy laat my aankondig dat die tyd gekom het dat die Here sy volk gaan bevry en sy vyande gaan straf. 3Vir hulle wat in Sion sit en treur, gee Hy feesklere in ruil vir begrafnisklere. Hulle sal ophou treur en baie bly word. Hulle moedeloosheid sal plek maak vir vrolikheid. Hulle sal wees soos regop bome wat die Here geplant het om te wys hoe groot Hy is.
’n Tyd van herstel
4Hulle sal geboue herstel wat lank verwoes gelê het. Plekke wat vroeër afgebreek was, sal hulle weer opbou. Hulle sal dorpe wat geslagte lank verwoes gelê het, nuut maak. 5Buitelanders sal vir julle werk. Hulle sal julle skape oppas en op julle landerye en in julle wingerde vir julle werk.
6Julle sal die Here se werkers genoem word. Mense sal van julle praat as God se dienaars. Julle sal die geld van die nasies kan gebruik om van te lewe. Julle sal dit alles besit. 7Julle sal nie verder bespot en beledig word nie. In die plek daarvan sal julle in julle land twee keer soveel besit as wat julle tevore gehad het. Julle blydskap sal geen einde hê nie.
’n Volk by wie daar geregtigheid is
8Ek is die Here. Ek soek geregtigheid by julle. Ek haat diefstal en onreg. Ek sal my woord hou en vir my volk hulle beloning gee. Ek sal met hulle ’n ooreenkoms maak wat nooit sal ophou nie. 9Hulle nageslag sal bekend word onder die nasies. Die volke sal hulle ken. Almal wat sien hoe dit met hulle gaan, sal raaksien dat hulle ’n volk is vir wie die Here voorspoedig maak.
Die Here se Naam word grootgemaak
10Ek is baie bly oor wat die Here gedoen het. Ek is vol vreugde omdat Hy my gered het. Hy het my soos ’n bruidegom met ’n kroon op sy kop gemaak. Ek is soos ’n bruid wat met juwele versier is. 11Die aarde laat plante opskiet. In ’n tuin kom daar plantjies uit. My Heer, die Here, sal net so ook sy bevryding vir my laat kom. Hy sal dan voor al die nasies grootgemaak kan word.
Tans Gekies:
Jesaja 61: DB
Kleurmerk
Deel
Kopieer
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.

: