Jeremia 41
41
Gedalja word vermoor
1In die middel van die herfs daardie jaar het Ismael en tien van sy mense by Gedalja in Mispa aangekom. Ismael was die seun van Netanja en die kleinseun van Elisama. Hy het uit die koninklike familie gekom en was een van die koning se offisiere. Gedalja het hulle vir ete genooi. Terwyl hulle nog so by die tafel sit, 2het Ismael en sy tien manskappe opgespring en Gedalja met ’n swaard doodgesteek. 3Hy het ook al die Jode doodgemaak wat daar by Gedalja was. Ismael het ook die Babiloniese soldate vermoor wat by Gedalja in Mispa was.
4Die volgende dag, nog voordat enigiemand iets van Gedalja se moord gehoor het, 5het 80 mans uit Sigem, Silo en Samaria in die Mispa-omgewing aangekom. Elkeen se baard was afgeskeer en hulle klere in repies geskeur. Hulle het ook snye aan hulle lywe gehad. Dit was duidelik dat hulle besig was om te rou. Hulle was op pad na die Here se tempel toe. Hulle wou daar vir Hom graanoffers bring en ook wierook brand. 6Ismael het uit Mispa uitgegaan om hulle te ontmoet. Hy was droewig aan die huil. Toe hy by hulle kom, het hy gesê: “Kom eers na Gedalja toe voordat julle verder gaan.”
7Toe hulle in die stad aankom, het Ismael en die manne saam met hom 70 van die 80 mense doodgemaak. Hy het die lyke in ’n put gegooi. 8Die tien wat oorgebly het, het Ismael gesmeek om hulle nie dood te maak nie. Hulle sou vir hom die koring, gars, olie en heuning gee wat hulle in die veld opgegaar het. Hy het hulle toe nie doodgemaak nie. 9Koning Asa het Mispa destyds versterk om homself teen koning Baesa van Israel te beskerm. Hy het toe ook ’n groot put gegrawe om water in op te vang. Dit was in hierdie put wat Ismael die lyke gegooi het. 10Ismael het ook al die ander mense gevang wat in Mispa was. Onder hierdie mense was Sedekia se dogters. Nebusaradan het hulle by Gedalja in Mispa gelos sodat hy na hulle kon kyk en kon versorg. Ismael het hulle saam met hom gevat en in die rigting van die Ammoniete begin trek.
11Maar Joganan en die groep soldate wat by hom was, het gehoor van die gruwels wat Ismael gedoen het. 12Hulle het toe al die mans saam met hulle gevat en teen Ismael gaan baklei. Hulle het by die groot dam naby Gibeon op hom afgekom. 13Toe die mense wat deur Ismael gevang is, vir Joganan en sy manskappe sien, het hulle geskree omdat hulle bly was. 14Hulle het ontsnap en vir Joganan teen Ismael begin help. 15Intussen het Ismael en agt van sy mense weggekom en na die Ammoniete toe gevlug.
16Joganan en sy offisiere het al die mense wat hulle uit Ismael se hande gered het, van Gibeon af weggevat. Onder hulle was al die mans, soldate, vroue, kinders en paleisamptenare wat Ismael gevang het. 17Hulle het hierdie mense na Gerut-Kimham naby Betlehem gevat. Daarvandaan sou hulle Egipte toe gaan. 18Hulle was bang vir wat die Babiloniërs sou doen omdat Ismael vir Gedalja vermoor het. Dit was dan juis die Babiloniese koning wat Gedalja as bestuurder van Juda aangestel het.
Tans Gekies:
Jeremia 41: DB
Kleurmerk
Deel
Kopieer
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.

: