Levitikus 3
3
Die gemeenskaps- en vuuroffer
1“Iemand kan vir die Here ’n dier uit sy vee bring wat hy vir die Here wil gee waarvan hy self ook wil eet. Hy wil dit eet asof hy en die Here saam eet. Hy moet dan ’n bul of ’n koei na die Here by die tent van ontmoeting bring. Dit mag nie foute hê nie. 2Die persoon sit sy hand op die dier se kop. Hy slag dit daar by die ingang van die tent van ontmoeting. Die dienaars uit Aäron se familie sprinkel van die bloed van die dier aan al die kante teen die offerplek. 3Die persoon verbrand die dele van die dier wat hy vir die Here gebring het as ’n vuuroffer vir die Here. Hy vat dan die vet wat oor die binnegoed is, 4die twee niere en die niervet wat daaraan is, en die vetlaag oor die lewer wat hy van die niere losgesny het. 5Die Aärondienaars verbrand dit op die altaar in die vuur. Dit word ’n vuuroffer genoem waarvan die Here baie hou.
6“As die dier wat iemand vir die Here bring om saam met die Here te eet uit die kleinvee kom, kan dit ’n manlike of ’n vroulike dier wees. Dit moet egter ’n gesonde dier wees. 7As dit ’n jong ram is wat hy vir die Here gee, bring hy die dier na die Here toe. 8Hy sit sy hand op die dier se kop. Hy slag dit daar voor die tent van ontmoeting. Die dienaars van Aäron sprinkel van die dier se bloed aan al die kante teen die altaar. 9Die deel wat hy vir die Here verbrand, is die vet van die dier, sy hele vetstert wat hy teen die kruis afgesny het, die hele stuk vet oor die binnegoed, 10die twee niere met die vet daaroor en die lewervet wat hy van die niere losgesny het. 11Die dienaar by die tent verbrand dit alles op die altaar. Dit is die Here se deel wat vir Hom op die altaar verbrand word.
12“Indien die persoon ’n bok vir die Here bring, 13sit hy sy hand op die dier se kop. Hy slag hom daar voor die tent van ontmoeting. Die dienaars van Aäron spat van die bloed teen die kante van die altaar. 14Die deel wat hy vir die Here verbrand, is die vetlaag oor die binnegoed, 15die twee niere met die vetlaag oor die lewer en die vetlaag oor die lewer wat hy afgesny het. 16Die dienaar van die tent van ontmoeting verbrand dit alles op die altaar as die Here se deel van die offer. Dit is ’n vuuroffer wat vir die Here baie lekker ruik.
“Al die vet aan die dier behoort aan die Here. 17Die voorskrif staan vas: julle mag nooit self die vet of die bloed eet nie. Dit staan vas vir die een geslag na die ander, waar hulle ook al sal woon.”
Tans Gekies:
Levitikus 3: DB
Kleurmerk
Deel
Kopieer
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.

: